Rapport

Ballade van ’n bankroof

Terwyl die meeste munisipaliteite wat uiteindelik in VBS belê het in die bank se tuisprovinsie, Limpopo, geleë is, was die bank se eerste groot munisipale kliënt die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit in Gauteng.

Die man wat dit laat gebeur het, is Romeo Mohaudi, hul finansiële hoof.

Mohaudi het in 2014 aan die Wes-Rand beland nadat hy van Makhado in Limpopo daarheen oorgeplaas is. Dit verklaar waarskynlik sy vertroudheid met VBS omdat Makhado VBS se tuisbasis was.

Mohaudi het sy nuwe werkgewer vinnig aan die bank gebind. Deposito’s het in 2015 begin inkom en teen die tyd dat VBS ingestort het, was daar honderdmiljoene rande by die bank belê.

Mohaudi se besluit om munisipale geld by ’n obskure bouvereniging te belê, het gepaardgegaan met ’n vreemde eiendomstransaksie wat deur VBS gefinansier is. Dit het kompleet gelyk soos ’n beswaarlik verdoeselde plan waardeur die bank aan hom R2 miljoen “present” gegee het.

In die middel van 2015 het VBS aan Mohaudi ’n verband toegestaan om die helfte van ’n eiendom te koop wat hy reeds besit het – vir meer as die totale waarde van die eiendom. Dit het só gewerk: In Januarie daardie jaar het Mohaudi en sy vennoot Bridgette

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band
Rapport3 min read
Swaar Boetes Wag Vir Dié Wat E-tol Ignoreer
Die regering wil die knyptang inlê om motoriste met enorme boetes en ander swaar strawwe te dwing om e-tol te betaal. Boetes vir ’n enkele rit kan duisende rande beloop en motoriste kan hul lisensies verloor. Die Gautengse e-tolstelsel het in Desembe
Rapport3 min read
Valke Bieg: Ons Hét Boere Se Dossier Oor Diewe Gekry
Twee weke nadat die Valke gesê het hulle dra geen kennis van ’n “dossier” oor die polisie se beweerde betrokkenheid by veediefstalsindikate in Senekal en Paul Roux nie, het die Valke er-ken ’n luitenant-kolonel in hul diens sit al sedert November met