Rapport

Binders rotsvas agter hul Brad

‘Shaz, ek voel dit in my binneste, hier kom ’n ding, ons boytjie gaan wen . . .” Die spanning was poetoepapdik verlede Sondag in Trevor en Sharon Binder se sitkamer in Rant-en-Dal, Krugersdorp.

Die twee het tjoepstil en snaarstyf (“al wat ons gekou het, was ons naels”) gesit en kyk hoe hul haastige seun homself rondte vir rondte in die Tsjeggiese MotoGP-ren die rekordboeke injaag.

Met ’n wegholoorwinning.

Brad Binder – ook bekend as Bradical weens ’n ongeneeslike need for speed – is die eerste Suid-Afrikaner ooit wat ’n MotoGP-ren kon wen.

“Ons is mal van blydskap, maar die 45 minute van die ren was vreesaanjaend,” vertel Sharon.

“My senuwees! Jy kry maagpyn en weet nie wat om met jouself aan te vang nie, dit moet net verby kom!”

Die laaste rondte duur vir ’n ewigheid, koor Trevor saam, jy druk jou kind vorentoe, maar enigiets kan gebeur voor die wenstreep, ’n band kan afval, die baaik kan rol, ruveld toe, hy rem dalk ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Kontrakte Vir Pelle? Maak Dan ’n Wet!
Wetgewing moet verander sodat individue met politieke bande wat met die staat sake doen ook aan die pen kan ry. Dít is die pleidooi wat adv. Andy Mothibi, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), Dinsdag gerig het aan die parlement se staande ko
Rapport2 min read
Joburg-hoë Bly Geskors Én Moet Opdok – Hof
Die uitvoerende hoof van die Joburg-eiendomsmaatskappy (JPC) wat geskors is nadat omstrede Covid-19-skoonmaakkontrakte deur dié maatskappy toegeken is, kan dit bekostig om vir haarself “knap regsgeleerdes” aan te stel, want sy verdien heelwat meer as
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band