Rapport

’n Toevallige burgemeester

In sy eerste stadsrede in Mei 2017 het die pasverkose burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, verklaar: “Wat in ons stad gebeur het, was nie korrupsie nie. Korrupsie is nie ’n sterk genoeg woord om te beskryf wat hier aangaan nie. Dit was onbeskaamde plundery.”

Tydens die verkiesingsveldtog het die ANC-burgemeesterskandidaat Parks Tau altyd gereageer op ons beskuldigings van korrupsie deur ons uit te daag om bewyse te lewer. Sy benadering was om enige onwettige optrede te ontken; dit het eenvoudig nie bestaan nie. Ons het egter steeds punte by kiesers gewen, want, soos ons, het die algemene publiek geweet dat daar waar die ANC regeer, korrupsie gedy.

Soos met sy slagspreuk van ’n “World Class African City” het Tau en die Johannesburgse ANC mense laat glo dat hulle eerliker – en beter – is as die ANC van Jacob Zuma. Ons het egter geglo dat dit bloot beteken dat hulle korrupsie meer gesofistikeerd en beter weggesteek is.

Toe hy uiteindelik as burgemeester verkies is, het Mashaba korrupsie as “open-bare vyand nommer een” verklaar. Ondanks dié cliché het inwoners gou gesien dat sy woorde deur dade gesteun word en nie bloot die tipe lippediens is wat politici histories aan die saak gee nie. Dit het nie saak gemaak of dit omkoopgeld van R10 of ’n transaksie van ’n miljard rand was nie – elkeen is met ewe groot ywer getakel om die korruptes agter tralies te sit.

Die gevolg was dat meer en meer mense na sy kantoor gestroom het om die korrupsie van die vorige regering aan die kaak te stel. Nadat Mashaba eendag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport3 min read
Sy Voel Soos ’n Sampioen, Sê Kieser In VSA
‘Hulle hou my in die duister en voer my kraalmis of ek ’n sampioen is.” Dis wat ’n onseker kieser, Paulette van Pennsilvanië, in ’n fyn uitgesoekte fokusgroep van die twee kandidate in die Amerikaans presidentsverkiesing dink ná Donderdagaand se TV-d
Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport2 min read
Bohaai Oor ‘Een Keer’ Se Video
Katlego Maboe se gewese lewensmaat, Monique Muller, sê sy weet nie hoe ’n video waarop sy hom oor sy ontrouheid konfronteer die afgelope week op sosiale media beland het nie. Die video van ’n beteuterde Maboe in ’n donker japon wat bieg dat hy by ’n