Finweek - Afrikaans

BELANGRIKE EKONOMIESE ENJIN WEER AANGESIT

suid-Afrika se motorbedryf kan nou uiteindelik sy werk hervat. Hoewel dit nog stil is, begin voorbereidings vir voertuigproduksie gemaak word, en handelaars het darem die groen lig gekry om weer sake te begin doen.

Die motorbedryf is baie belangrikvir die ekonomiese gesondheid en welsyn van SA en sy mense. Die bedryf, vervaardiging sowel as kleinhandel, het verlede jaar R500 miljard se inkomste tot die land bygedra (2018: R503 miljard) en 6,9% tot die BBP (4,4% vervaardiging; 2,5% kleinhandel). Die bedryf is ook verantwoordelik virongeveer 457 000 werkgeleenthede.

Die bedryf is ’n steunpilaar virSA se ekonomie en is verantwoordelik vir 30,1% van totale vervaardiging. Volgens die nasionale vereniging van motorvervaardigers van SA (Naamsa) het voertuigproduksie verlede jaar tot 631 983 eenhede gestyg, terwyl die uitvoervan voertuie (387 125) en motoronderdele R201,7 miljard bedra het.

Maardie koronavirus-inperking het voertuigvervaardiging, -verkope en -uitvoer se rempedaal behoorlik ingetrap. Die uitwerking was ernstig, en die gevolge sal geruime tyd nog gevoel word.

“Die bedryf se beduidende bydrae van 6,9% tot die BBP, gesê.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans1 min read
Finweek - Afrikaans
Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo,
Finweek - Afrikaans4 min read
Bou ’n Klimaatbestande Onderneming
voordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pan
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr