Huisgenoot

Die gordyn sak vir Madonna

MADONNA se nuwe Madame X-toer is ’n ramp.

Toe een van haar vertonings verlede maand later as die voorgeskrewe 23:00 aanhou, het die Londense Palladiumteater dit kortgeknip deur die gordyn te laat sak.

Twee groepe ontstelde aanhangers het reeds ’n regsgeding aanhangig gemaak om hul geld terug te eis nadat sy ure laat opgedaag het vir optredes in Brooklyn en Miami.

Maar ’n gebrek aan stiptelikheid is nie al wat die sangeres se 11de wêreldtoer in die wiele gery het nie.

Die toer het in September verlede jaar begin en sou 78 vertonings gehad het, maar Madonna moes 13 daarvan afstel weens knie-en heupbeserings.

Die onlangsste kansellasie was toe sy tydens ’n optrede in Parys hard geval het.

Die popdiva was in trane toe sy ná die voorval gesukkel het om van die verhoog af te stap.

Die 61-jarige superster het aanhangers in die sosiale media verskoning gevra en verduidelik dat sy tans “ses uur per dag in rehabilitasie” deurbring om die “oorweldigende pyn” te behandel wat haar beserings veroorsaak.

‘Ek is ook net vlees en bloed’
– MADONNA

Ook op die krukkelys

Madonna se beseringgeteisterde toer volg kort op ’n golf van ouer sterre wat hul vertonings weens skete of kwale moes laat vaar of uitstel.

Mick Jagger (76)

The Rolling moes ondergaan. Die rocker het ’n hartklepvervangingsoperasie gehad en is nou weer op toer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe