Finweek - Afrikaans

IS JY IN BEHEER VAN JOU AFTREDE?

Voortgesette veranderinge aan die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, toenemende werkloosheid en ekonomiese en maatskaplike faktore saai verwoesting met plaaslike beleggers se aftreeplanne.

Die bates van Suid-Afrikaners wat nou aftree, is weens die afgelope vyf jaar se gedempte beleggingsmark waarskynlik sowat 15% minder werd as wat dit in normale beleggingsomstandighede sou wees, sê Deane Moore, uitvoerende hoof van die aftree-inkomstespesialis JustSA. Dit is gegrond op ’n gemiddelde opbrengs van 6,5% per jaar die afgelope vyf jaar in plaaslike gebalanseerde fondse.

“In normale beleggingsmarkte sou mense die verbruikersprysindeks (VPI) plus vyf persentasiepunte per jaar van gebalanseerde fondse verwag het,” sê hy. Met die verbruikersprysindeks die afgelope vyf jaar op sowat 5% per jaar beteken dit dat mense beleggingsopbrengs van 10% sou verwag het.

Die plaaslike aftreeomgewing het natuurlik ook die afgelope twee tot drie dekades grondliggend verander deurdat vastevoordeelfondse na vastebydraefondse oorgeskakel het. Dit plaas die risiko op fondslede en nie die maatskappy waarvoor hulle werk nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr
Finweek - Afrikaans4 min read
Lees Meer, Leer Meer
dit het my lank gevat om te besluit hoe om hierdie artikel te begin. Ek moet erken dat dit nie maklik was om dit te skryf nie. Ek onthou toe ek nog maar net ’n klein tjokker was met drome in my kop en passie in my hart. Ek onthou hoe ek finweek gekoo
Finweek - Afrikaans4 min read
Stygende Insetkoste Demp Goeie Landboulopie
ondanks betreklike goeie vooruitsigte op reën vir die 2021-’22-seisoen, ervaar die plaaslike landbousektor tans gemengde produksie-omstandighede. Dit kan onder meer toegeskryf word aan ontsaglike ontwrigtings waarmee die wêreld tans te midde van die

Related