SA Hunter/Jagter

GEVLEUELDE JAGTERS VAN DIE STEDE

Sommige stede in Suid-Afrika, soos Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein, het ’n eiesoortige bioom geskep waarin die beton-oerwoud saamsmelt met die mensgemaakte oerwoud van inheemse en uitheemse plantegroei. Ander stede, soos Port Elizabeth, Durban, Oos-Londen en Pietermaritzburg, het in ’n groot mate die inheemse plant-ekologie behou en dit met die mensgemaakte habitat van baksteen en beton ingeweef. Gelukkig is Suid-Afrika ’n land van besondere hoë biodiversiteit en daar het baie elemente van hierdie verskeidenheid van natuurlewe in stede gevestig en goed aangepas by die menslike habitat.

Suid-Afrikaanse stede is bekend vir ryke voëllewe. Roofvoëls en uile is deel van daardie verskeidenheid, maar word selde waargeneem omdat stedelinge nie sulke unieke spesies in stede en dorpe verwag nie. Daar is sekerlik geen dorp of stad wat nie sy eie bevolking nonnetjiesuile het nie. Hierdie uilspesies met die wetenskaplike naam Tyto alba (alba verwys na die wit gesig) leef wêreldwyd baie gemaklik met mense saam. In Nederlands staan hulle as die kerkuil bekend en in Duits as die toringuil, juis omdat hulle so graag nes maak in kerke en kerktorings in Europa.

UILE AS GELIEFDE TUINBEWONERS

Nonnetjiesuile is dodelike muisjagters en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter4 min read
Pierre Se Herlaaitafel Patroondoppe – Deel 1
Ons manne op pad na ons sewentigs toe het onsself leer herlaai. Daar was nie herlaaitydskrifte, TV, internet, selfone of apps nie. Ons was so min en so wyd verspreid dat ons nie eers van mekaar geweet het nie! Ek het darem ’n 1970-eksemplaar van die
SA Hunter/Jagter8 min read
Afrika Se Superkampioen
“I experienced two very different emotions at the same time: extreme fright, and the utmost respect. As I lay there and looked up at the buffalo, I had nothing but admiration for it, even though it was trying to kill me. For the briefest moment, the

Related Books & Audiobooks