SA Hunter/Jagter

GEVLEUELDE JAGTERS VAN DIE STEDE

Verlede maand het ek die kenmerke en vele interessanthede van uile, sperwers en valke as stads- en tuinbewoners bespreek. Sommige van hierdie roofvoëls (veral uile) word verwelkom in ons tuine en is geliefd onder Suid-Afrikaners. In hierdie afdeling vertel ek graag meer aangaande die majestueuse, kragtige arend, maar ook die ander (minder gewilde) kalante van ons roofvoëlspesies.

ARENDE

Arende is nie onbekend in Suid-Afrikaanse stede en dorpe nie. Plekke soos Kaapstad, Pretoria en Johannesburg se inwoners sien gereeld die koning van die arende, naamlik die witkruisarend, wat rustig as ’n paar oor woongebiede sweef. Die Roodepoortse Nasionale Botaniese Tuin se paar witkruisarende is beroemd en was die oorsaak van ernstige dispuut tussen bewaarders en ontwikkelaars wat met gierige oë alles wat ongeskonde is, in “mensneste” wil omskakel. So ook is daar die arendpaar bo Mountainview in Pretoria wat al, gewone tarentale, kransduiwe, wedvlugduiwe, likkewane en selfs huiskatte en kleiner honde. Gewoonlik sal die witkruise amper net dassies vang, maar hulle word gedwing om prooi te vang wat beskikbaar is as die dassies verminder. Witkruisarende is baie groot en magtige voëls met dodelike kloue. Enige iemand wat al gesien het hoe hulle jag, sal weet dat die prooi onmiddellik gedood word met die slag en die kragtige kloue.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter8 min read
Ek Het ’n Vriendin...
Ek het ’n vriendin, maar haar naam is nie Lisa soos Laurika Rauch se vriendin in die liedjie “Lisa se klavier” nie. Buiten ’n klavier, het my vriendin ook ’n plaas in Nieu-Seeland se Suid-Waikato-distrik. Ek het Karen, die vriendin met die plaas en d
SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the

Related