TREKSPRINGBOKKE IN DIE SUID-VRYSTAAT
DIE GOEIE OU DAE
Bokke skiet was ’n jaarlikse gebeurtenis wat in my kleintyd gesorg het vir groot opgewondenheid. In ons bokkekamp was daar springbokke en blesbokke. My pa en oupa het elk ’n P14-.303 gehad met gaatjievisiere en het volmantelskyfskietpatrone gebruik. My ma het met die Brno .22LR met oopvisier geskiet. Plaaswerkers op perde het die bokke dan geroer sodat hulle binne trefafstand kon kom vanwaar die skuts voorgesit het.
My ma het altyd agter ’n erosiewal naby die een hoek van die kamp gesit. Daar het sy gewag tot die bokke nader as 70 treë was voordat sy geskiet het (bladskote). Die blesbokke was natuurlik te groot en die beperkte vermoë van die .22LR het haar erg gefrustreer. In 1968 het sy eendag met ’n Sako .243 by die huis aangekom, maar dié geweer het te veel geraas en geskop na haar sin en sy het dit die volgende dag by Oom Solly, die plaaslike algemene handelaar op die dorp, gaan omruil vir ’n Sako Vixen .222.
Dié geweer en kaliber was nommerpas en die Sako is later met ’n 4x40 Bisley-teleskoop toegerus. Baie springbokke en blesbokke het oor die jare voor dié geweer geval... ook my eerste springbokke op ouderdom 10. Vandag is ek die eienaar van dié Sako en dit skiet steeds 15mm-groeperings op 100m.
Wild het destyds min waarde gehad en jagters het hoofsaaklik op uitnodiging kom skiet. My pa het gereeld ’n blesbokkarkas met die vel aan per trein aan familie in Pretoria gestuur. In die laat 1970’s het dinge verander toe Kovisko van Harrismith wild op groot maat geskiet en die vleis uitgevoer het. Hulle het helikopters gebruik en die bokke is met semi-outomatiese haelgewere in die kop geskiet. Wild het skielik waarde gehad, maar die skietery uit helikopters het veral die springbokke so verskrik en verjaag dat
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days