GESONDE TANDE ’N WAPEN teen die PLOOIE
’n Advertensieveldtog vir ’n nuwe reeks Gucci-lipstiffies het onlangs Twitter laat gons.
’n Nabyskoot van model en sangeres Dani Miller se tande het die meeste aandag getrek. Sy het gapings waar die laterale snytande (langs die voortande) moet wees. Die boodskap: outentieke skoonheid lê in imperfeksie.
Nè? Die gebruik van chirurgiese en nie-chirurgiese metodes om aan ons voorkoms te karring, het verlede jaar met 9% gestyg. Dít terwyl die wêreld tans ’n ekonomiese resessie beleef, volgens dr. Zak Schabort van The Cosmetic and Dental Emporium se Kaapse Waterfront-tak, en medeskepper van Via se mooimaakprogram Wraak my mooi.
Derduisende vroue soek inspirasie op sosiale media oor die nuutste voorkoms-trends. Hul rolmodelle is die Kardashians, Bella en Gigi Hadid . . . Só wil almal oënskynlik nou plomper lippe hê, ter navolging van Kylie Jenner. “Ek was onlangs in Europa en dit lyk asof daar ’n swerm bye losgelaat is, jy sien eers die lippe
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days