Rooi Rose

19 WENKE Jou mooiste somer

JOU GRIMERING

1 WAATLEMOENKLEUR LIPPE

Ons vereenselwig die smaak van waatlemoen met somer, en kyk net hoe somers en vrolik lyk dié lipkleur. Gebruik dit saam met goue oogskadu en maskara wat ekstra volheid gee. Meng ’n beklemtoner soos MAC Strobe Cream met jou onderlaag vir ekstra glans.

Dior Lipstick Rouge in 028 (R655).

Palladio BUTTER ME UP! Sheer Color Balm ‘Bonbon’ (R99,95).

2 ’N VOORBEREIDINGSLAGIE

Jy sal nie spyt wees oor die paar ekstra sekondes wat jy aan die aanwending van ’n voorbereidingslagie afstaan nie. Die room voel glad nie swaar nie en laat jou grimering langer aanbly. “As jou vel olierig is, is dit wys om veral in die somer ’n olievrye voorbereidingslagie te gebruik, of een wat jou vel mat laat lyk,” sê grimeerkunstenaar Cheryl Parker. Kies ’n formule wat bevog en lank aanbly as jy ’n droër en meer “volwasse” vel het.

1 Smashbox Oil & Shine Control Primer (R545) bevat salisielsuur, sink en hamamelis wat olie in toom hou, en hou tot 12 uur.

2 DermaFix BB Cream Primer (R360) se ligte formule bevog en laat grimering langer aanbly.

3 Benefit Porefessional Face Primer (R495) is olievry en help dat vergrote porieë minder sigbaar lyk.

WENK Jy smeer dalk jou gewone onderlaag rondom jou oë ook, maar onderlaag met sonskerm in kan jou oë laat brand, vermy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose1 min read
Gebruik Wat Jy Het!
1 TRUI (R699; S-XL) QUEENSPARK. 2 ENKELSTEWELS (R1 599; 2,5-9) STEVE MADDEN. 3 MISS CASSIDY-ROK (R1 399; 8-18) QUEENSPARK. 4 T-HEMP (R199; XS-XL) MANGO. 5 KNIELENGTE STEWELS (R2 499; 2,5-9) STEVE MADDEN. 6 RE-JEANS (R550; 4-18) WOOLWORTHS. 7 RO