Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spore na die Dood
Wraak van die Woestyn
Die Skarlaken Ruiters
Ebook series10 titles

Sahara Avontuur reeks

Rating: 0 out of 5 stars

()

Unavailable in your country

Unavailable in your country

About this series

WRAAK VAN DIE SABEL - SAHARA AVONTUUR REEKS


Teuns Stegmann se broer is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die Sahara woestyn afgeskiet deur ʼn Duitser in sy vegvliegtuig. Dit is dan ook die hoofrede hoekom Teuns aangesluit het by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn. Hy is op soek na sy verlore broer en het daarom sy pragtige wynplaas in die Heksvallei tydelik daarvoor opgegee. Terwyl hy en sy getroue makkers in ʼn restaurant saam ʼn drankie geniet in Algiers, tydens hulle kort verlof, daag daar ʼn geheimsinnige korterige mannetjie op. Hy vra om alleen met Teuns te gesels, maar sy kamerade waarsku hom daarteen.


Hy deel Teuns die skokkende onthulling mee dat sy broer nog lewe en dat hy bereid is om hom na sy broer te neem, want sy broer het hom opdrag gegee om na hom wat Teuns is, te soek. Hy kry dit reg om vir Teuns te oortuig met iets wat vir Teuns uiters kosbaar is. Teuns besluit toe om te gaan vra vir spesiale verlof sodat hy die mannetjie kan vergesel, maar Fritz Mundt het ander planne en veroorsaak ʼn dodelike geveg in die kroeg. Dit is Arabier teen Legioenman en die vuiste klap behoorlik. Die manne veg vir hulle lewe en toe die polisie opdaag, kom hulle met ʼn skok agter dat Teuns spoorloos verdwyn het.


Teuns bevind hom in die mag van ʼn skurk en drie van sy trawante wat aan hom die keuse stel. Besorg aan ons die Sabel van Doetra wat miljoene rande werd is en wat Teuns lank terug in ʼn oase versteek het, of sy broer sterf. Teuns se hande en voete word geboei en toe hulle by die oase in die woestyn opdaag, moet Teuns vir hulle die Sabel opspoor. Teuns probeer hulle aan ʼn lyntjie hou vir solank hy kan, want hy probeer so tyd wen om ʼn plan te kan maak vir ʼn moontlike ontsnapping. Intussen kry hy dit reg om die skurke op ʼn baie slim manier teen mekaar te laat draai en dit veroorsaak dat die een na die ander uitgeskakel word. Net toe Teuns meen hy het ʼn kans om te kan ontsnap, daag daar ongeveer 300 Doelaks op die toneel, aan wie die swaard van Doetra behoort en hulle Sjeik maak dit onmoontlik vir Teuns om te kan ontsnap.


Hulle het egter nie rekening gehou met die dapperheid en vindingrykheid van die lang, blonde Suid-Afrikaner nie. Hy kom vorendag met ʼn fantastiese plan wat, as alles haarfyn uitwerk soos hy beplan het, dan het hy maar ʼn skraal kans om weg te kom met sy lewe, maar hy is desperaat en hierdie mag sy laaste kans wees. Teuns doen toe iets uiters ongewoon en toe die Doelaks dit agterkom en op hom wil toeslaan, toe speel hy sy laaste troefkaart...

LanguageNederlands
Release dateDec 5, 2018
Spore na die Dood
Wraak van die Woestyn
Die Skarlaken Ruiters

Titles in the series (10)

  • Die Skarlaken Ruiters

    3

    Die Skarlaken Ruiters
    Die Skarlaken Ruiters

    DIE SKARLAKEN RUITERS - SAHARA AVONTUUR REEKS Kaptein D’Arlan van die Franse Vreemdelegioen en twintig van sy uitgesoekte manskappe is op pad om ’n medalje aan ’n ou Arabier in die Sahara woestyn te gaan oorhandig. Op pad soontoe sien hulle in die verte hoe ’n kameel karavaan aangeval word deur honderd-en-vyftig legioensoldate.  Asof die feit dat dit Legioensoldate was, nie erg genoeg is nie, tel Teuns Stegmann, die blonde Suid Afrikaner in die legioen, iets in die sand op, wat die raaisel net verder verdiep. Gedurende die nag word hy en sy manskappe egter deur die ander legioensoldate oorrompel en na ’n geheime tente dorp, in die middel van die woestyn geneem. Daar word hulle deur ’n Duitser onder hipnose geplaas en so gedwing om Arabiere opleiding te gee met ’n geheime wapen.  Weens die “verraad” van die legioen wat Arabiese stamme aanval en hulle mense ontvoer, besluit al die Arabiese stamme om saam te staan en trek hulle op in hulle duisende na die fort Dini Salam, wat hulle omsingel. Met sy dapperheid en vindingrykheid kry Teuns dit uiteindelik reg om met sy manskappe te ontsnap vanaf Doetra, maar die legioensoldate wat hulle vantevore ontvoer het en ook El Karima se Doelaks is egter kort op hulle hakke. In hul jaagtog om eerste by Dini Salam te probeer uitkom, ontdek hulle iets in ’n grot wat almal groot skok van verbasing.  Intussen word Dini Salam aangeval deur sowat twintig duisend Arabiere en moet kolonel Le Clerq en luitenant Juin alles in hulle vermoë doen om die een wrede aanval na die ander te probeer stuit. Hulp vanaf die hoofkwartier word geweier en dit wil voorkom of fort Dini Salam verdoem is tot ’n nederlaag, maar dan gebeur daar iets baie eienaardigs onder die Arabiese hordes wat om fort Dini Salam saamgetrek is...

  • Spore na die Dood

    2

    Spore na die Dood
    Spore na die Dood

    SPORE NA DIE DOOD - SAHARA AVONTUUR REEKS In hierdie verhaal het die Frans Vreemdelegioen weereens te doen met El Karima, die blanke vorstin van die Doelak volk. Sy het nog nie haar vernedering vergeet, wat die lang, blonde Suid Afrikaner, met die naam van Teuns Stegmann haar ses maande gelede aangedoen het nie.  Deur hom in die hande te kry, ontvoer sy die bevelvoerder van Dini Salam, kolonel Paul le Clerq se vrou. In ruil vir haar vryheid, eis sy dat Teuns uitgelewer moet word aan haar. Kolonel Le Clerq weier die versoek en Teuns Stegmann besluit toe om op sy eie te gaan. Hy ontsnap uit die fort saam met ’n Arabier, om die Franse vrou te gaan probeer red.  In Doetra, hoofstad van die Doelak volk, kom Teuns gou agter dat El Karima nie haar woord gestand hou nie. Hy en die vrou van die bevelvoerder gaan wreed vermoord word deur perde, as weerwraak. Om dinge te vererger moet die hele garnisoen van Dini Salam ook nog die fort vir goed ontruim. Dan doen kolonel Le Clerq boonop iets wat almal die skok van hul lewens gee...

  • Wraak van die Woestyn

    4

    Wraak van die Woestyn
    Wraak van die Woestyn

    WRAAK VAN DIE WOESTYN - SAHARA AVONTUUR REEKS ’n Patrollie van die Franse Vreemdelegioen bly drie dae langer weg as wat beplan was. Dan daag hulle onverwags by fort Dini Salam op, vasgemaak bo-op perde en so erg gemartel en geskend dat nie een van hulle meer lank lewe nie. Die blond Suid Afrikaner wat hulle vergesel het, het egter nie saam teruggekom nie. Hy is ook deur El Karima weggevoer na Doetra, die hoofstad van die Doelaks, om daar te gaan sterf op die heuwel van die berg arende. Teuns slaag daarin om met behulp van ’n ou vriend te ontsnap, maar nie voor hy die Doelaks se heilige Swaard van Doetra steel uit die paleis van El Karima nie.  Intussen kry die bevelvoerders in Dini Salam opdrag van die Opperbevel in Frankryk dat hulle nou vir eens en altyd moet ontslae raak van die wit heks, El Karima, blanke vorstin van die Doelaks. Kaptein D’Arlan lê ’n fantastiese plan voor aan kolonel Le Clerq. Dit is ’n gewaagde, maar uiters briljante plan wat die Legioen nog nooit vantevore toegepas het nie. Met slegs sestig man tot sy beskikking, slaag hulle daarin om die eerste Doelak patrollie maklik te oorwin. Dan stuur El Karima vyfhonderd Arabiere wat die patrollie gou omsingel, maar net nie kan oorwin nie.  Teuns Stegmann word gou weer gevange geneem, maar een van die natuur se kragtigste verskynsels gee hom die geleentheid om weereens te kan ontsnap. Hy kom later af op die Franse patrollie wat deur tweeduisend Doelaks aangeval word. Kaptein D’Arlan se patrollie se water en patrone is bykans op en staar hulle ’n totale uitwissing in die gesig. Dan doen Teuns Stegmann iets op sy eie, so onverwags en so ongelooflik dat dit almal totaal onkant vang en groot chaos veroorsaak in die woestyn…

  • Dood met Sonop

    6

    Dood met Sonop
    Dood met Sonop

    DOOD MET SONOP - SAHARA AVONTUUR REEKS Vir die eerste keer is die vyf vriend van die Franse Vreemdelegioen bymekaar. Teuns Stegmann, Fritz Mundt, Jack Ritchie, Podolski die Pool en Petacci die Italianer is op ’n patrollie in die magtige Sahara woestyn, toe hulle oorval word deur ’n dodelike Sahara storm. Hul kanse op oorlewing in die oop woestyn lyk bitter kraal, maar dan sien hulle twee kamele êrens heen jaag en volg hulle die kamele. Net voor die storm in alle geweld toeslaan, bereik hulle een van drie klei-hutte naby ’n onbekende oase. Wat hulle daar in die hut aantref, skok hulle tot in hul tone en plaas hulle in groot gevaar...  Die sandstorm waai die klein oase se waterbron toe en kan hulle dit nie onder die tonne sand bereik nie. Met geen water tot hulle beskikking is hulle gedoem en besluit hulle om eerder die dood daar af te wag. Maar dan daag daar skielik ’n bomwerper met soldate op en word hulle gevange geneem en na Doetra geneem. Daar word hulle in ’n ondergrondse kerker gegooi. Hulle ontdek iets baie ongewoon onder die ou strooi in die kelder, wat hulle nuwe hoop gee op ontsnapping, maar gaan hulle betyds daarvan gebruik kan maak?  Brigitte Bonnet soek steeds vergelding vir die dood van haar suster, El Karima. Sy en haar sjeik owerstes besluit dat sy die Legioenmanne in die openbaar gaan onthoof, met ’n seremoniële swaard, voor al die stamme wat daar opgedaag het vir die spesiale dag. Die manne dink so wat hulle kan om te probeer ontsnap, maar daar is geen hoop nie. Tydens die teregstelling word daar ’n skoot van nêrens af geskiet en dit veroorsaak so groot beroering, dat alles eers tydelik gestop word.  Die Legioenmanne kry hierdeur ’n guldige blaaskans. Dan daag daar ’n man by hulle in die kerker op, wat die Vreemdelegioen lank gelede ’n groot guns bewys het. Hy vertel hulle iets wat hulle vir hulle moeilik is om te glo, maar besluit tog om saam met hom te werk. Deur ongewone omstandighede kry hulle dit reg om te ontsnap en kry sommer ook dodelike gasgewere in die hande. Maar die Doelak vesting in die Atlasberge wemel van duisende Arabiere wat ernstig op soek is na hulle en dan is daar nog die bomwerper ook...

  • Die Fort is Stil

    5

    Die Fort is Stil
    Die Fort is Stil

    DIE FORT IS STIL - SAHARA AVONTUUR REEKS Teuns Stegman, Fritz Mundt en Jack Ritchie raak in ’n kroeggeveg betrokke met Arabiere. Vir hulle straf word hulle tydelik verplaas na een van die ander Franse forte in die Sahara woestyn - Fort Laval. Toe die afloskolonne by Fort Laval opdaag, besef hulle gou dat daar ’n groot skroef los is. Die afloskolonne word egter gou oorrompel deur Brigitte Bonnet. Sy wil weerwraak neem vir die dood van haar suster en wil nou die hele Vreemdelegioen vernietig. Die dertig manskappe word opgesluit in die fort se slaapsaal. Dan hoor hulle iemand wat so aaklig skreeu van pyn dat dit koue rillings deur hulle stuur. Kort daarna word die lyk van die manskap uitgedra deur rampokkers wat rubber handskoene dra. Hulle verneem dan van Brigitte Bonnet dat sy ’n hoogs geheime wapen het, wat se uitwerking sy wil uittoets op die legioensoldate.  Die geluksgodin is teen Teuns Stegmann en hy word gekies as die volgende proefkonyn vir die wrede eksperiment. Nie lank daarna nie sien hulle deur die slaapsaal se vensters hoe sy lyk ook uitgedra word. Fritz Mundt en Jack Ritchie probeer om te ontsnap en word doodgeskiet, so word hulle vertel. Dan begin daar snaakse dinge gebeur in die fort. Die perde, muile en kamele waarmee die rampokkers opgedaag het, verdwyn spoorloos. Die volgende dag word die marconis en ’n soldaat op die borswering van die fort dood aangetref. Asof dit nie erg genoeg is nie, begin die vasgekeerde manne in die slaapsaal snaakse geluide hoor wat vanaf die vloer onder hulle kom, in morsekode.  Brigitte Bonnet laat die plek twee maal behoorlik omkeer op soek na die skuldiges, maar vind elke keer niks nie. Professor Benesj daag die volgende dag op in ’n groot vragvliegtuig saam met nog meer soldate, om die geheime en dodelike wapen se impak op die soldate te kom voltooi. Byna dood van honger en dors wag die moedelose Vreemdelegioensoldate dat hulle na die woestyn geneem moet word, om daar aan die geheime wapen blootgestel te word. Maar net toe die finale verrigtinge ’n aanvang neem, bars die duiwel behoorlik los in Fort Laval en die een skok volg op die ander...

  • Dreunende Hoewe

    7

    Dreunende Hoewe
    Dreunende Hoewe

    DREUNENDE HOEWE - SAHARA AVONTUUR REEKS Teuns Stegmann en van sy vriende ontsnap uit die vesting van die Doelaks in die Atlasgebergte, met ’n bomwerper. Hulle land daarmee in Dini Salam en vertel aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam, dat daar verskeie gaswapens in die vliegtuig is. Die dodelike gaswapens was bestem vir Brigitte Bonnet, leier van die Doelaks se aanval teen die Franse forte. Hulle verwag dat sy binnekort al die forte daarmee gaan aanval.  Dan bereik nog meer skokkende nuus hulle. Die heilige Swaard van Doetra word gesteel uit sy bewaring in die Franse hoofkwartier. Dit alleen is genoeg om feitlik al die Arabiere in die woestyn saam te laat staan, in hul stryd om die Franse juk finaal van hul skouers af te gooi. Kaptein D’Arlan, wat die bynaam Houdini van die woestyn gekry het, beraam ’n hoogs geheime plan wat hy aan kolonel Le Clerq voorlê. Met tweehonderd manskappe tot sy beskikking vertrek hy kort daarna die woestyn binne, om sy plan in werking te gaan stel.  Brigitte Bonnet, vorstin en leier van die Doelaks stuur vyfhonderd ruiters na die eerste Franse fort, Fort Laval. Maar tot hul verbystering is die fort dolleeg, buiten een baie dronk manskap wat agter gebly het. Hy vertel hulle ’n verhaal wat hulle amper nie kan glo nie. Die Doelaks beset dadelik die fort en maak planne om die volgende fort, fort Petain te gaan aanval. Fort Laval is egter toe nie so leeg as wat hulle aanvanklik gedink het nie en kry hulle die verrassing van hul lewe. Een Doelak ontsnap egter die dood en verwoesting. Teuns, Fritz en Jack Ritchie word gestuur om hom agterna te sit en te verhoed dat hy alarm gaan maak by Brigitte se hoofmag, wat reeds op pad is om die fort Dini Salam te gaan aanval.  Kort voor lank word hulle in die woestyn oorval deur ses gewapende drosters van die Franse Vreemdelegioen. By hulle het hulle iets, so ongelooflik en so belangrik dat Teuns weet hulle moet so gou moontlik probeer ontsnap, om die uiters belangrike nuus so spoedig moontlik aan kolonel Le Clerq te gaan oordra. Met ’n baie slim set slaag Teuns daarin om hulle drie te bevry, maar hulle vlug en vreugde is van korte duur. ’n Patrollie van twintig Arabiere kry hul spoor en volg hulle genadeloos deur die woestyn, om die skat wat hulle gevind het, terug te kan kry.  Intussen weet nie Teuns-hulle of kolonel Le Clerq wat van D’Arlan geword het nie. Hy en sy tweehonderd manskappe het eenvoudig spoorloos verdwyn. Dan daag daar skielik ’n see van derduisende ruiters op wat Dini Salam heeltemal omring. Brigitte Bonnet het opgedaag saam met duisende ander Arabiere en berei hulle voor vir die finale aanval teen Dini Salam, die volgende oggend. Vanaf die borswering in Dini Salam, sien kolonel Le Clerq ’n eensame ruiter aangejaag kom na die hooftent van Brigitte Bonnet. Nie lank daarna nie, vertek sy en drieduisend ruiters in ’n stofwolk na Doetra, hulle eie vesting. Die onbekende ruiter word begelei deur sestig van Brigitte se lyfwag op spierwit perde. Kolonel Le Clerq kan nie verstaan wat aangaan nie en besef dat hulle posisie hopeloos is. Maar dan besluit hy om iets gewaagds aan die saak te doen voor die volgende oggend. ’n Rooi ligstraal wat agter die duisende aanvallers in die lug opgeskiet is, is die teken waarop hulle gewag het…

  • Mademoiselle Julie

    10

    Mademoiselle Julie
    Mademoiselle Julie

    MADEMOISELLE JULIE - SAHARA AVONTUUR REEKS Ongeveer 2000 Doelaks omsingel Fort Laval en eis van die Franse Vreemdelegioen bevelvoerder, kaptein Gaston Lefevre, om die fort sonder slag of stoot oor te gee. Dit plaas hom in ʼn uiters netelige posisie, want die Doelaks beweer dat hulle sy dogter, Julie Lefevre, geskaak het en dat hulle haar sal doodmaak indien hy en al sy manskappe nie die fort dadelik ontruim nie. Die Arabiese sjeik belowe hom dat hy net belangstel in die fort en niks anders nie. Kaptein Levefre besluit om te voldoen aan die versoek, tot groot skok van al sy manne en vra toe ʼn vrywilliger om sy dogter te gaan haal en die finale reëlings te gaan tref. Die Suid-Afrikaner Teuns Stegman, is die enigste een wat vorentoe tree en bereid is om die uiters gevaarlike taak aan te pak. Terwyl Teuns op pad is na die Doelak kamp, net buite die fort, besluit sersant Zhakof om beheer oor die fort te neem en vir kaptein Lefevre onder arres te plaas. Hy sein vir Teuns om onmiddellik terug te kom, maar voor Teuns die fort kan bereik, word hy gevange geneem deur die Doelaks. In die sjeik se hooftent ontmoet hy vir Julie Lefevre, een van die mooiste vroue wat hy nog gesien het. Die sjeik gee vir Teuns presies 15 minute om terug te gaan fort toe en die oorname van die fort te eis, anders sterf Julie. Teuns daag toe nooit op nie, maar in sy plek daag kaptein Lefevre skielik uit die bloute op, tot groot verbasing van die sjeik. Hy neem hom toe na die Fort toe om die oorname van die fort te gaan eis. Toe hulle egter die fort bereik, kry hulle tot hulle uiterste skok en verbasing ʼn leë fort, met geen soldaat êrens in die fort versteek nie. Hulle sukkel om die geheim uit te pluis, want hoe kon al die soldate onwetend deur die Doelak-linie dring wat rondom die fort opgestel is en toe ook net spoorloos verdwyn. Sjeik Feisan gebied vir kaptein Lefevre om hom na die wapenkamer te vergesel, want dit is eintlik die wapens en ammunisie waarin hy regtig belangstel. Maar weereens is die sjeik erg teleurgesteld, want wat hy daar vind is nie wat hy enigsins verwag het nie. Asof dit nie al is nie, gebeur daar nog iets in die wapenkamer wat die Doelaks in ʼn uiters benarde situasie plaas. Gou vlieg die lood in alle rigtings en die een spannende situasie op die volgende vind plaas, tot groot frustrasie en ellende vir die sjeik en sy volgelinge. Tussen die sjeik en dit waarvoor hy gekom het, is daar een baie dapper en intelligente man wat hom groot hoofberekenings gee en die een plan na die ander van hom in die wiele bly ry...

  • Bloed voor die Son

    8

    Bloed voor die Son
    Bloed voor die Son

    BLOED VOOR DIE SON - SAHARA AVONTUUR REEKS Brigitte Bonnet, die magtige leidster van die trotse Doelak volk is uiteindelik gevang deur die soldate van die Franse Vreemdelegioen. Vir haar aandeel in die dood van verskeie Legioensoldate, het die Franse Opperbevel besluit dat sy sommer by die Franse fort Dini Salam, in die Sahara woestyn tereggestel moet word. Die blonde Suid-Afrikaner, Teuns Stegmann, wat ’n groot aandeel gehad het in haar gevangeneming, word ook die bitter taak opgelê om deel te neem aan die teregstelling.  Die oggend van haar teregstelling, ontdek kaptein D’Arlan tot sy groot ontsteltenis dat sy spoorloos verdwyn het. Na ’n deeglike ondersoek kry hulle ’n verdagte en kolonel Le Clerq, bevelvoerder van fort Dini Salam, stuur vir kaptein D’Arlan, Teuns Stegmann, Jack Ritchie, Fritz Mundt en Podolski om die verdagte te gaan aankeer en ondervra. Maar dinge loop lelik skeef en hulle word almal ontvoer en in die warm Sahara woestyn ingeneem. Die Arabier wat hulle geskaak het, wil ’n losprys opeis as hy hulle aan madame Brigitte Bonnet gaan oorhandig, maar hy is ook agter die Sabel van Doetra aan, wat se waarde nie eers geskat kan word nie. Hierdie fabelagtige skat het Teuns Stegmann en sy paar boesemvriende in die Legioen, lank gelede by ’n oase versteek, en het die Arabier daarvan te hore gekom.  Op pad na die oase word hulle hele karavaan onverhoeds deur wrede Touaregs aangeval en met die hulp van kaptein D’Arlan en sy manne slaag hulle net-net daarin om die oorhand te kry. Na die kort skermutseling ontdek hulle tot almal se skok dat Teuns Stegmann makeer. As straf neem die Arabierse leier ’n sambok en slaan kaptein D’Arlan se rug rou daarmee. Omrede nie een wil vertel waar die Sabel van Doetra weegesteek is nie, kry hulle geen kos of water en moet voetslaan verder. Na lank daarna word daar deur ’n geheimsinnige ruiter, kort-kort op hulle geskiet en elke keer sterf van die Arabiere. Uit woede word kaptein D’Arlan en Jack Ritchie in die woestyn op die sand oopgespalk en daar gelaat om ’n wrede dood te sterf. Fritz Mundt en Podolski wat oorbly beraam ’n briljante plan en dit gee Fritz die geleentheid om ook te ontsnap en terug te gaan op hul spore, om te sien of hy nie dalk vir kaptein D’Arlan en Jack Ritchie kan gaan red nie.  Met Arabiere kort op sy hakke het Fritz later sy hande behoorlik vol om van hulle ontslae te raak en moet hy al sy vernuf gebruik om te oorleef. By die plek waar kaptein D’Arlan en Jack Ritchie vasgemaak is, kry Fritz slegs die beendere van ’n Arabier, beide manskappe is egter skoonveld! Fritz weet nie herwaarts of derwaarts nie en dan begin iemand skielik weer op hom losbrand. Dit is sy getroue vriend Teuns Stegmann en die het baie goeie nuus vir hom. Met feitlik almal weer bymekaar, beweeg hulle terug na die oase toe, om hulle laaste vriend Podolski, uit die hande van die wrede Arabier te gaan probeer red. Naby die oase waar die Sabel van Doetra weggesteek is, val hulle teen alle verwagtinge weer in die hande van die Arabier en sy makkers. Om dinge te vererger ontdek hulle honderde Doelaks by die oase. Die Arabier wat hulle ontvoer het besluit daar en dan om hulle almal net daar te onthoof en dan die pad te vat, voor die Doelaks van hulle teenwoordigheid naby die oase bewus raak. Dit is dan wanneer Teuns sy laaste troefkaart speel en almal in hulle spore tot stilstand ruk van pure skok en ongeloof...

  • Die Spore Roep

    9

    Die Spore Roep
    Die Spore Roep

    DIE SPORE ROEP - SAHARA AVONTUUR REEKS Die patrollie van sersant Catroux is nou al vir twee weke in die snikhete Sahara woestyn, maar tot op hede het hulle nog niks gewaar om oor terug te rapporteer aan die basis nie. Op pad terug na Dini Salam merk sersant Catroux deur sy verkyker ʼn swart bondel op, op een van die hoë sandduine met hordes aasvoëls wat daar rond draai. Hulle besluit om nadere ondersoek te gaan instel, maar daar ontdek hulle toe twaalf verminkte Arabiere. Dit slaan hulle skoon dronk, want Arabiere maak nie sommer hulle eie ras dood nie. Die raaisel verdiep egter toe die Suid-Afrikaner, Teuns Stegmann, iets van suiwer goud in die sand optel en waarvoor hulle geen verklaring kan vind nie. Terwyl hulle die spore van die moordenaars volg, ontdek hulle nog meer leidrade wat hulle op die spoor hou van die onbekende aanvallers. Nie lank nie of hulle kom op ʼn oase af en daar vind hulle ʼn blanke man, vasgemaak in een van die leë hutte en wat al byna opgevreet is deur rotte. Voor hy sterf prewel hy net iets van ʼn snelgeweer. Die klompie Legioenmanne se situasie vererger die volgende oggend toe hulle ontdek dat een van hulle manne verdwyn het. Hulle slaag uiteindelik daarin om weer op die geheimsinnige aanvallers se spoor te kom. Na ʼn klompie ure kom hulle op ʼn verdwaalde perd af en ook dit maak vir hulle geen sin nie. Hulle slaag daarin op die perd te vang en daarmee word Teuns Stegmann gestuur om vooruit verkenning te gaan doen. Skaars is hy weg of hulle kom op nog ʼn pragtige swart perd af, wat lyk asof dit aan een of ander sjeik behoort. Die keer slaag hulle egter nie daarin om die perd te vang nie. Teuns is warm op die spoor van die aanvallers, maar dan word sy perd onder hom doodgeskiet en moet hy veg vir sy lewe. Hy oorleef die aanval en soos ʼn Doelak vermom stap hy die kamp van die aanvallers binne. Teen die tyd weet Teuns aan wie die voorwerpe behoort en daarom probeer hy die raaisel, die raaisel omtrent die snelgeweer oplos en ook uitvind wat van hulle een manskap geword het, wat spoorloos verdwyn het. Teuns probeer ʼn blufspel maar dit misluk en word hy gevange geneem en voor ʼn onmoontlike keuse gestel. Hierna gebeur die een ding vinnig op die volgende. Op ʼn kritieke oomblik daag daar ʼn vliegtuig op en in die proses sterf een van die mense in die kamp op ʼn eienaardige wyse. Dit gee vir Teuns die geleentheid om een dag langer te kan lewe om sodoende te kyk of hy al die raaisels kan oplos en homself kan bevry van sy gevangeneming. Nooit het hy kon droom wat hy alles daar sou vind nie en een daarvan verander sy lewe onherroeplik op die mees kritiese oomblik...

  • Wraak van die Sabel

    11

    Wraak van die Sabel
    Wraak van die Sabel

    WRAAK VAN DIE SABEL - SAHARA AVONTUUR REEKS Teuns Stegmann se broer is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die Sahara woestyn afgeskiet deur ʼn Duitser in sy vegvliegtuig. Dit is dan ook die hoofrede hoekom Teuns aangesluit het by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn. Hy is op soek na sy verlore broer en het daarom sy pragtige wynplaas in die Heksvallei tydelik daarvoor opgegee. Terwyl hy en sy getroue makkers in ʼn restaurant saam ʼn drankie geniet in Algiers, tydens hulle kort verlof, daag daar ʼn geheimsinnige korterige mannetjie op. Hy vra om alleen met Teuns te gesels, maar sy kamerade waarsku hom daarteen. Hy deel Teuns die skokkende onthulling mee dat sy broer nog lewe en dat hy bereid is om hom na sy broer te neem, want sy broer het hom opdrag gegee om na hom wat Teuns is, te soek. Hy kry dit reg om vir Teuns te oortuig met iets wat vir Teuns uiters kosbaar is. Teuns besluit toe om te gaan vra vir spesiale verlof sodat hy die mannetjie kan vergesel, maar Fritz Mundt het ander planne en veroorsaak ʼn dodelike geveg in die kroeg. Dit is Arabier teen Legioenman en die vuiste klap behoorlik. Die manne veg vir hulle lewe en toe die polisie opdaag, kom hulle met ʼn skok agter dat Teuns spoorloos verdwyn het. Teuns bevind hom in die mag van ʼn skurk en drie van sy trawante wat aan hom die keuse stel. Besorg aan ons die Sabel van Doetra wat miljoene rande werd is en wat Teuns lank terug in ʼn oase versteek het, of sy broer sterf. Teuns se hande en voete word geboei en toe hulle by die oase in die woestyn opdaag, moet Teuns vir hulle die Sabel opspoor. Teuns probeer hulle aan ʼn lyntjie hou vir solank hy kan, want hy probeer so tyd wen om ʼn plan te kan maak vir ʼn moontlike ontsnapping. Intussen kry hy dit reg om die skurke op ʼn baie slim manier teen mekaar te laat draai en dit veroorsaak dat die een na die ander uitgeskakel word. Net toe Teuns meen hy het ʼn kans om te kan ontsnap, daag daar ongeveer 300 Doelaks op die toneel, aan wie die swaard van Doetra behoort en hulle Sjeik maak dit onmoontlik vir Teuns om te kan ontsnap. Hulle het egter nie rekening gehou met die dapperheid en vindingrykheid van die lang, blonde Suid-Afrikaner nie. Hy kom vorendag met ʼn fantastiese plan wat, as alles haarfyn uitwerk soos hy beplan het, dan het hy maar ʼn skraal kans om weg te kom met sy lewe, maar hy is desperaat en hierdie mag sy laaste kans wees. Teuns doen toe iets uiters ongewoon en toe die Doelaks dit agterkom en op hom wil toeslaan, toe speel hy sy laaste troefkaart...

Related to Sahara Avontuur reeks

Related categories

Reviews for Sahara Avontuur reeks

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words