DIE hofaansoek van die Noord-Kaapse departement van landbou wat ’n sakereddingspraktisyn wou laat vervang om ’n sukkelende staatsrooibosteefabriek van ondergang te red, is met koste van die hand gewys.
Regter Cecile Williams se lang verwagte uitspraak op 15 April kom ’n jaar nadat betoë in die hooggeregshof in Kimberley aangehoor is. Toe betoë op 13 April 2023 aangehoor is, was die sakereddingsproses en