Landbouweekblad

G’n wolhaarpraatjies — net entrepreneurs!

SPESIALE FOKUS ONS SKOLE

AS jy van Reddersburg in die Vrystaat die wye wêreld ingestuur word, het jy meer as ’n sertifikaat in die hand. Jy verdien waarskynlik reeds ’n inkomste en staan met jou kop vol sakesomme in die wolke, maar met jou voete stewig op die grond.

Die kweek van landbou-entrepreneurs is een van die suksesverhale in die 160-jarige geskiedenis van die Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg, sowat ’n uur suid van Bloemfontein. Die skool, algemeen bekend as Lanties, is op 13 Februarie 1864 gestig.

Altesaam 29 wolklasseerders en ses skeerders van die skool het vanjaar aan die tweede jaarlikse skeer-en-wolklasseringskompetisie in Bloemfontein deelgeneem. Die wenners van die afdelings vir ervare klasseerders en beginner-skeerders, onderskeidelik Genevieve Cola en Schalk van Niekerk, verdien reeds ’n inkomste in hul vrye tyd met die vaardighede wat hulle by die skool slyp.

Die byeenkoms het ook die skeerlitte losgemaak vir Lanties se deelname aan die interskolekompetisie tydens die nasionale skaapskeerkampioenskap

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad8 min read
Boerdery Van Uiterstes: Om Die Drakensberg Te Tem
Die Du Randts van die plaas Dalmally in die distrik Elliot boer wydsbeen, met een been op die rand van die Drakensberg met suurveld en ’n kouer klimaat, en die ander been in ’n warmer klimaat aan die voetenent van die berg. Dalmally, op die rand van
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad4 min read
Die Boer Se Onsigbare Vyand
Aalwurms is die graanboer se grootste gevaar en die probleem word vererger weens ’n gebrek aan kennis van en inligting oor die plaag. Boonop word aalwurmsimptome soms verkeerdelik as ’n tekort aan voedingstowwe, droë toestande of ander biotiese en ab