Landbouweekblad

‘Gehalte verg tyd’

Wol

Hy was ’n peuter toe die wol-boom in die 1950’s die lot van talle skaapboere verbeter het. Sewe dekades later trek die bedryf swaar, maar Micky Liddell van die plaas Didima in die distrik Adelaide in die Oos-Kaap het met ’n geleidelike maar toegespitste teelbenadering uitsonderlike pryse op ’n lustelose mark behaal.

Op ’n onlangse wolveiling in Gqeberha het hy die hoogste prys van R233/kg vir drie bale van 14,5 mikron behaal, was hy op die lys van topvyf produseerders én sy gemiddelde skeersel het die eerste keer 16,5 mikron behaal – iets wat hy al vier dekades nastreef.

Micky se uitstekende en hoë pryse is alombekend in wolkringe, en van stilsit is daar nie sprake nie. “Die harde werk om die gehalte hoog te hou, begin nou eers.”

Gary Willows, skaap-en-wol-adviseur van BKB, gekwalifiseerde nasionale Merinobeoordelaar en jare lange vriend, skryf Micky se prestasies toe aan spesifieke teeldoelwitte en sy streng seleksieproses. “Micky het ’n fenomenale fynwol-Merino geteel wat nie net funksioneel en goed gebalanseerd is nie, maar ook uitstekend aangepas is vir die gemengde suurveld van die Winterberg. Dit is ’n voorreg om elke keer te sien hoe goed die eindproduk op wolveilings vaar.”

Fynwol in sy are

Albei Micky se oupas en sy pa het met fynwolskape geboer. Sy oupa Liddell, wat by Harrismith geboer het, het onder meer in 1921 ’n sertifikaat van uitnemendheid van die Britse Ryk gekry vir sy fynwol.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter