Landbouweekblad

Só knaag indringers aan winsgewendheid

DIE derde nasionale verslag oor die status en bestuur van biologiese indringers in Suid-Afrika waarsku dat sekere spesies landbouproduktiwiteit kwaai kan knou.

Dié omvattende verslag deur die Suid-Afrikaanse nasionale biodiversiteitsinstituut (Sanbi) en die departement van wetenskap en innovasie se sentrum vir uitnemendheid in indringerbiologie, is saamgestel uit verskeie navorsingstukke en moniteringsverslae, en waarsku dat ’n beter benadering tot hulpbronbestuur nodig is om indringers behoorlik die hoof te bied.

’n Studie oor die finansiële impak van indringerspesies in Suid-Afrika, gegrond op data wat strek van 1960 tot 2023, beraam die koste aan die ekonomie op R52,7 miljard. Tog is slegs R9,6 miljard aan indringerbestuur bestee.

Plantindringers het die meeste bygedra tot verliese én bestuurskoste; wattels het byvoorbeeld 17% van alle bestuurskoste beloop en 70% van die skadekoste veroorsaak.

Wetenskaplike beramings toon egter dat skade én bestuurskoste baie groter was as wat gerapporteer is.

Waarde vir geld

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter