“DRUK met jou regter-elmboog hier op my skouer,” het die professionele jagter vir my seun, Chris, gesê. Die stel selfgemaakte skietstokke uit elastiese kerriebos-latte (Salvadora persica) was stabiel genoeg, maar die ram het op 230 treë afstand gestaan, skuinsdwars na vore, en met die .30-06 Ruger Hawkeye met sy 180 grein ammunisie onder ’n slegs-sesmaal vergrotende ou Lynx teleskoop was dit dalk net te ver vir ’n gemaklike skoot oor die stokke.
Ek het nog nooit die begeerte gehad om onder leiding van ’n professionele jagter te jag nie. Daarvoor is ek hopeloos te gesteld op my vryheid om self te besluit. So het ek sekerlik al baie foute in die jagveld gemaak: