SA Hunter/Jagter

SNELVUUR

KOMPETISIE

SAJWV-KALAHARI-JAGKOMPETISIE!

Kaartjieverkope sluit 3 Mei 2024!!!

As jy nog nie jou kaartjies gekoop het vir die biltong-jag waarvan drome gemaak word nie, is dit nou die tyd! Die jag vind plaas van 22 tot 26 Mei 2024 op 34 000 hektaar in die rooiduine van die Kalahari se hart, suid van Askham en Van Zylsrus.

Die wenner kan drie vriende saamneem en elkeen kan ’n gemsbokbul en vier springbokramme jag. Die wenner en sy/haar maats kan stapjag, bakkiejag of beide. Die prys sluit R10 000 se brandstof in, die af-slag van die bokke, die jagvoertuig, die dagtariewe en fooitjies aan personeel, asook R5 000 in kontant sodat die jagspan hulself kan trakteer op die beste biefstuk en iets te drinke. Alle koste word dus gedek. Ons gooi ook vir elke jagter ’n geskenkpakkie in die wenpot!

Die plaas se eienaar het laat weet dat daar goeie reën geval het en dat die veld mooi groen is. Hulle verwag lekker vet bokke vir die jagseisoen! Sien foto’s van die kamp en veld bo.

Die kaartjies kos slegs R100 en jy kan soveel koop as wat jy wil. Hou ons e-posse, SMS’e, webblaaie en sosiale media dop vir skakels na aanlyn inskry-wings. Alternatiewelik, betaal veelvoude van R100 in die SAJWV se rekening en gebruik jou selfoonnommer en KAL as verwysing. Ons stuur nie fisiese kaartjies uit vir die tipe inskry-wings nie. Jou naam word bloot aangeteken op die inskrywingslys. Ons kompetisies word onder

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit
SA Hunter/Jagter5 min read
Die ‘Omgekeerde Piramide’ Van Skietaktiwiteite
KONTAKINLIGTING/CONTACT INFORMATION: SAJWV - Inyathipark | SAHGCA - Inyathi Park ADRES/ADDRESS: Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, Suid-Afrika/South Africa TELEFOON/TELEPHONE: (Suid-Afrika/South Africa) 0861 SAHUNT (724 868) | Internasionaal/ Inte

Related