Crooks Corner was nog altyd gehul in misterie en die ryk geskiedenis van die area, of dit nou gekoppel is aan smouse, prospekteerders, wildstropers soos Stephanus “Bvekenya” Barnard of ivoorjagters, en het my nog altyd met ’n gevoel van opwin-ding en nostalgie gevul wanneer ek deur die area ry. Dit is veral wanneer jy die grenspos by Pafuri agterlaat en die Limpoporivier oorsteek na Mosambiek wat ’n mens werklik ’n smakie kry van die ongereptheid en wetteloosheid wat hier moes geheers het soveel jare terug!
Die Amarok het geen probleme gehad met die Limpoporivier se water, sandbanke en die grondpaaie wat kronkel deur die vloedvlakte tussen klein dorpies en landerye waar vroue die lande bewerk nie. Die plaaslike biere wat hier en daar te koop was, het ook die ergste dors geles en hitte gebreek. Ons het Chicualacuala op die grens tussen Mosambiek en Zimbabwe veel gouer bereik as verwag. Die grondpad wat die twee lan-de skei en basies ook as grens vir die Gonarezhou-park dien, was soos altyd verlate, buiten vir een of twee troppe beeste of ’n oorlaaide bakkie of twee en dit was laatmiddag toe ons die kamp by Mbabala inry. Soos gewoonlik was daar vele hande om te help met die aflaai en afpak en toe die laaste sonstrale verdwyn, het ons ’n welverdien-de bier of twee langs die vuur onder ’n ou reuse-kremetart-boom geniet.
Met die