Weg! Ry & Sleep

Luukse kampwa vir twee

Mobi Lodge Manufacturing, wat die gewilde Continental-vlagskipmodel en X-intreevlakmodel vervaardig, het nou ook die Mobi XL bekend gestel.

Dié wa pas netjies tussen eersgenoemde twee; ’n mens kan amper sê hy is ’n X wat opkikkers ingejaag is. Die Mobi XL is langer as sy kleinboet, is ruimer binne met meer plek om te beweeg, en hy het meer pakplek – daar’s selfs ’n eethoekie.

Opslaantyd

Met opslaantyd moet jy eers die agterste hoekstutte afswaai voordat jy die kas uittrek. As jy dit nié doen nie, sal die gewig van die kas en noodwiel agter veroorsaak dat die wa se stert afdruk grond toe. Die wa het net hoekstutte agter, maar staan nietemin stewig. Die neuswiel se skagarm is aan die wa vas. Die wiel sak eers af en dan slaan die binnedeel van die arm af grond toe. Die waterpas bo-op die A-raam help jou om jou wa mooi gelyk staan te maak.

Vier knippe hou die kas in plek. As ekstra maatreël om te keer dat die kas in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier