Naelbyt-saaityd
Die stof het behoorlik gestaan toe Pierre van Eeden van die plaas Heuninglaagte by Edenville in die Vrystaat begin plant het. In talle dele van die somersaaigebiede het daar teen 10 Desember nog nie genoeg behoorlike plantreën geval nie. Toe Van Eeden dié foto geneem het, was dit 35 °C en net enkele druppels het geval. Graan SA se plantopname vroeg in Desember het getoon in die noordweste en sentrale dele van die Vrystaat het boere 30% van hul sojabone