Die omvattende projek wat die kapasiteit van die Vaalhartskanaalstelsel met meer as 10% kan verhoog, kan binne die volgende 12-24 maande begin sodra die nodige finansiering bekom is. Dit sal by voltooiing die produksiepotensiaal baie verbeter en die doeltreffendheid vergroot.
Niel van Eeden, uitvoerende hoof van die Vaalhartswatergebruikersvereniging, sê die kernprobleme is die swak toestand van die kanaalstelsel omdat dit ná 85 jaar die einde van sy gebruikstyd bereik het, instandhouding wat nie meer met die agteruitgang tred hou nie, en die staat wat nie kan byhou