VSA
VERLORE RUIMTETUIG DUURSTE STAR WARS-ITEM
’n Modelweergawe van ’n X-wingvliegtuig wat in die 1977-fliek gebruik is, het in Oktober die hoogste prys behaal vir ’n item uit dié flieks wat opgeveil is. Die tuig was dekades lank vermis voor dit verlede jaar in kunstenaar Greg Jein gevind is. Dit is vir $3,135 miljoen (sowat R56 miljoen) verkoop.