Idees

GRAFIES GEMAAK

SKEP DIE PRENTJIE

Hou die voorkoms eenvoudig met wit as jou basiskleur. Die wit tafeldoek en moderne swart en wit borde, mooi glase, swart kerse vir atmosfeer en swart papierboompies op die tafel is alles sterk grafiese elemente. Die ster van swartgeverfde takke teen die muur dra by tot die voorkoms. Gebruik 'n spierwit Kersboom waarteen jou swarten-wit versierings mooi kan uitstaan. Stapel jou geskenke, ook in swart en wit, almal opmekaar by die boom om die prentjie af te rond.

HOUT-STER

Gaan soek droë takke wat min of meer reguit is en saag ses stukke wat almal ewe lank is – jy kan self besluit hoe groot jyjou ster wil hê. Pakdie takke in die vorm van 'n ster en bind die hoeke stewig aan mekaar vas met tou. Verf dit nou net aan die een kant met swart krytverf, sodat die houtkleur behoue bly aan die ander kant

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Idees
REDAKTEUR E-POS Terena le Roux terena@ideasfactory.co.za ATELJEE & NAALDWERK Dala Watts BEMARKING & GELDSAKE Marweya Smal NAVRAE marweya@ideasfactory.co.za TAALWERKERS Johan van Zyl, Marié Smidt, Natasja Lochner STILERING Hannes Koegelenberg, Carin S
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related