Op ‘n baie jong ouderdom het ek reeds begin skiet, en op sewe-jarige ouderdom het ek my eerste bok geskiet. Daai tyd was dit ‘n groot ding vir my om ‘n blesbok op 50 m ver te kon skiet. Nadat ek en my maats altyd voëltjies geskiet het op kort afstande met die ou .22 wat ons gehad het. Op 10-jarige ouderdom het ek met dieselfde .22 begin doppies skiet wat op ‘n tafel mooi gerankskik is, sodat ek met elke skoot bietjie verder kon terugstaan en myself kon toets.
Jare later, deur skool en nadat ek begin werk het, het ek my eerste geweer gekoop en eendag aan ‘n Jagtersvereniging skietkompetisie gaan deelneem. Met almal wat die skietreëls ken, was ek nogal redelik uitgekyk toe ek met my geweer oor die skouer daar aangestap kom. Maar die mense het my dadelik gehelp