DIE National Aeronautics and Space Administration, bekend as Nasa, het in 1958 tot stand gekom. Dit val onder die bestuur van die Amerikaanse regering en behels enige wetenskap of tegnologie wat met vliegtuie of die ruimte te doen het.
Daar is 10 Nasa-sentrums oor Amerika heen. Hul hoofkwartier is in Washington, DC, en hul sendingbeheersentrum is in Houston, Texas. Die meeste van die ruimtetuie word gelanseer vanaf die Kennedy-ruimtesentrum in Cape Canaveral, Florida.
Nasa het nagenoeg 18 000 mense in diens – van onderwysers en prokureurs tot ingenieurs en ruimtevaarders. Dié werknemers is verantwoordelik vir baie belangrike projekte.
WAT DOEN HULLE?
Die ruimteadministrasie maak satelliete –