Huisgenoot

Ruimteverkenning

HET JY GEWEET?

Die Kármánlyn word as die grens tussen die aarde se atmosfeer en die ruimte beskou. Dit is ’n denkbeeldige grens 100 km bo seevlak.

DIE verkenning van die ruimte het ’n moontlikheid geword nadat Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog ballistiese missiele ontwikkel het. Ná die oorlog het Amerika en die Sowjetunie (Rusland) hul eie missielprogramme van stapel gestuur en dit het gou in ’n ruimtewedloop tussen dié twee magtige lande ontwikkel. Ná die ruimtewedloop het ’n tydperk van samewerking in die ruimte gevolg, soos versinnebeeld deur die Internasionale Ruimtestasie. Lees hier hoe dit alles gebeur het.

TWEEDE WÊRELDOORLOG (1939-1945)

In die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland ballistiese missiele ontwikkel om Brittanje mee aan te val. vol plofstof wat oor ’n lang afstand kon vlieg en waarvan die baan in die vorm van ’n hoë boog was. het die ontwerp wat in 1944 die eerste mensgemaakte voorwerp in die ruimte geword het toe dit verder as 100 km van die aarde af beweeg het. Von Braun het ná die oorlog vir die Amerikaanse National Aeronautics and Space Administration (Nasa) gewerk, waar hy die vuurpyle help bou het wat die mens na die maan sou neem.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te