Weg! Ry & Sleep

NUUS

Dubbel so nuut!

Die vervaardiger Hogzilla4x4 slaan as ’t ware twee vlieë met een klap met sy toetrede tot die kampwêreld: Sy Xpander is ’n modulêre kampmodule wat agterop ’n bakkie pas wanneer die laaibak verwyder is, maar die eenheid is ook beskikbaar as ’n kampwa met sy eie onderstel.

Hogzilla maak sy buiging met ’n heel unieke produk. Die slaapgedeelte is gepatenteer, en dit is ’n slim plan wat deel vorm van sy wenresep. Die module pas op enige bakkie – van enkel- tot dubbelkajuit – maar danksy die bed word hier ekonomies gewerk met ruimte. Gewoonlik is die slaapgedeelte binne-in of slaan dalk boontoe oop, maar die Xpander se bed trek aan die agterkant uit soos ’n laai. Dit op sigself is nie nuut nie, maar die manier hoe dit gedoen word is die groot verskil.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Pretblad
Kry die vetkryt en inkleurpotlode gereed en gee lewe aan die seekoei. Soek die woorde op die lysie en merk hulle af. Daar is minstens tien verskille tussen die twee sketse. Kyk of jy hulle almal kan kry! Wys die doolhof wie’s baas. Onthou om eers ’n
Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep3 min read
Die Lewe Van Swaeltjies…
In Suid-Afrika is die doen en late van die sogenaamde kampswaeltjies alombekend. Dis nou mense wat vir lank op een plek staan voordat hulle na ’n volgende beweeg, gewoonlik om van die winter se ysige temperature te vlug. Reg oor die wêreld kry ’n men