Weg! Ry & Sleep

WATTER BAKKIE KRAAI KONING?

By die pasafgelope SA Bakkie van die Jaarkompetisie onder direkteurskap van Dirk Gallowitz en Ferdi de Vos moes bakkies hulle staal wys met sleep, veldry én dinamiese bestuur. Dit is die eerste keer dat sleep by so ’n kompetisie ingesluit word.

Ry & Sleep is genooi om deel te wees van die paneel wat die sleep- en 4x4-afdeling beoordeel, en dit is deur onderskeidelik Leon Botha en Cyril Klopper behartig. Uiteindelik was daar drie kategoriewenners en ’n algehele wenner.

Leon is eerste aan die woord met die sleepafdeling, waarna Cyril se indrukke van die veldry op bl. 88 volg.

Wie kon deelneem?

Sake is uitgespook tussen luukse outomatiese 4x4-dubbelkajuitbakkies. Vervaardigers moes egter inskryf, en dit was net Mahindra, Peugeot, GWM, Mitsubishi, Nissan, Isuzu en Volkswagen (met twee modelle) wat by die wegspring opgedaag het.

Ongelukkig het Ford, Toyota, Mazda en JAC nie deelgeneem nie. (Wat Leon in hierdie stadium nie geweet het nie, is dat Toyota inderdaad ’n Hilux gestuur het, maar dié het eers die volgende dag opgedaag toe Cyril die bakkies onder hande geneem het om hulle veldryvermoëns te beoordeel. – Red.)

Die spesifieke modelle was Mahindra se Karoo 4x4 Storm, die Peugeot Landtrek Africa Edition, GWM P-Series LTD, Mitsubishi Triton Xtreme, Nissan Navara Pro4X, Isuzu D-Max V-cross, VW Amarok 2.0 BiTurbo en die V6-Amarok PanAmericana.

Al die ouens het by die Klipbokkop-bergreservaat buite Villiersdorp byeengekom. Die eienaar, Gerhard Groenewald, was die toetsdirekteur.

Hoe werk die sleepkompetisie?

Die agt bakkies was in drie groepe opgedeel volgens kraglewering: Die Mahindra (103 kW), Peugeot (110 kW) en GWM (120 kW) was in die 100-125 kW-groep. In die 126-150 kW-groep was die Mitsubishi (133 kW), Nissan (140 kW) en Isuzu (140kW), terwyl die twee Volkswagens in die 151-190 kW-groep geval het met onderskeidelik 154 kW en 184 kW.

Die eerste groep het ’n Mobi Lodge XL-woonwa met ’n gewig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier