Landbouweekblad

Kry jou planter só gereed vir die plantseisoen

Met die gemiddelde planter kan ’n boer wat 1 000 hektaar beplant, in die algemeen net reken op ’n inkomste uit 780 ha – en dat 220 ha van die 1 000 ha geen inkomste gaan lewer nie. Dit is omdat die deursneeplanter net 78% doeltreffend is, sê Lourens Janse van Rensburg, ’n presisielandboukenner van Elim Kunsmis, nadat hy aan navorsing deelgeneem het wat 1 500 planters van verskillende soorte en fabrikate vir optimale werkverrigting in ’n presisielandboustelsel geëvalueer het.

Lourens het op die onlangse mielie-en-sojakongres wat by Sun City in Noordwes deur Elim Kunsmis en Landbouweekblad aangebied is, sy kennis aan nagenoeg 1 100 graanboere van reg oor Suid-Afrika oorgedra.

Hy het boere verseker dit is nie te moeilik om die algemene foute op planters te identifiseer en reg te maak nie, en dat doeltreffendheid sonder te veel sukkel tot 95% verbeter kan word.

Dink aan die pit

Lourens het gesê boere moet hul aanvanklike aandag vanaf hektare verskuif na die individuele pit wanneer hulle aanplantings doen, want dit is wat vir die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
’n Kwartmiljoen Vir 50% Van Bul
Kroon Vee Brahmane se heel eerste winterveiling, gehou op 22 Mei, was ’n reusesukses met 100%-verkope en ’n uitstekende prys wat vir ’n aandeel van die kudde se topbul behaal is. Die helfte van “die koning van Kroon Vee” is vir R250 000 aan Leon van
Landbouweekblad6 min read
Oor Pryse, Markdruk En Die Toekoms Van Vlote
Tydens die Nampo-oesdag het Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, met Stephan Nel van Case oor die stand van sake by dié maatskappy en die bedryf gesels. Julle het vanjaar geen spesiale aanbiedinge by Nampo gehad nie. Hoekom? Ons probeer
Landbouweekblad6 min read
Wees Só Beter Voorbereid Op Elke Droogtestadium
Die meeste droogtebestuurspraktyke en hulppakkette in Suid-Afrika is nog baie reaktief, maar deur voorkomend op te tree, kan die nadelige gevolge van droogte op die landbou aansienlik verminder word. Daarom is dit nodig dat gebeurlikheidsplanne vir d