‘TAFEL vir een?” vra die kelner. Saggies antwoord Anel: “Asseblief.”
Hy lei haar na ’n tafel ver in die hoek. “Die beste uitsig, Mevrou. Ek kan sien jy het dit nodig.” Simpatiek. Maar dit maak nie vry nie. Hoe mooi kan Johannesburg dan nou eintlik wees? Fabrieke, masjiene, rommel, vervalle geboue en strate. Soms voel sy asof dit is hoe dit in haar siel ook lyk: ’n onstuimige geraas, ’n gejaagdheid.
Anel weet sy stel haar reis uit, maar sy het moed nodig, en koffie gee moed. In die piering is ’n gemmerkoekmannetjie wat haar uitlag. Wat as Suzie haar wegjaag?
DIS Maandagmiddag in die middel van Januarie, en Anel se Suzuki Swift is gepak: haar groen tas en haar selfoon. Die nodigste. Alles is soos voorheen, maar hierdie keer is die sitplek langs haar leeg.
Sy begin ry. Deur Johannesburg se verkeer, verder en verder. Die fabrieke verander in