Wat in 1980 as ‘n promosie-foefie ontwikkel is, het ‘n legendariese kompetisie geword waarin avontuurlustige individue kragte gemeet het om as die toonbeeld van die spreekwoordelike ‘Camel Man’ aangewys te word. In die praktyk was dit egter makliker gesê as gedaan …
Selfs al was jy gelukkig genoeg om uit die 70 000 inskrywings wat ontvang is gekies te word, sou jy tydens die provinsiale keuring behoorlik moes uithaal en wys om die ander kandidate uit te stof. Indien jy dit kon regkry, het daar nóg meer beproewing in die halfeindrondte