Ons Aintree Land Rover Defender 110 met sy 2.2-liter Pumaenjin vier vanjaar ‘n dekade van avontuur en is die beste vierwiel-avontuurmaat waarvoor ‘n gesin kan vra.
Ek was nog altyd gek oor die Land Rover-handelsmerk en geïnspireer deur veral die Defender se ongelooflike vermoë, erfenis, eenvoudige meganika en natuurlik die Kingsley Holgate-ekspedisies (die legende het selfs sy naam op ons Hilda geteken!). Alhoewel die meganika deel dalk nie meer van toepassing is op die nuutste Defender nie, neem ons geliefde Hilda