Weg! Ry & Sleep

Sjarme teen halfprys

Ons was ses jaar gelede agter die stuurwiel van ’n Mahindra vir ’n sleeptoets, maar as ’n mens na die heel nuutste weergawe kyk, meet jy die verskil omtrent in ligjare.

Destyds was die visoogdaktruspieëltjie in die XUV500 ’n slim teenvoeter vir blindekolle; nou sit ’n kamerabeeld reg voor jou in die paneel hand by. Verder is die 360º-rondomsigbeeld ’n groot verbetering op die eenoogtrukamera waarvan die lens boonop nie in die middel van die romp sit nie.

Die paneel met sy konsentriese spoed- en toeremeter is vervang met ’n raakskerm wat oor meer as die helfte van die binneruim strek. Dit is eenvoudig ’n ander wêreld.

Die ou 2,2 ℓ-dieselenjin het ook ses ratte gehad, maar sy 330 Nm kan nie armdruk teen die 2 ℓ-turbopetrolenjin se 380 Nm nie. Mahindra reken dis die beste turboaangejaagde enjin in sy klas. Die vyfde en sesde rat in die XUV500 was nie regtig vir sleep bedoel nie,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges
Weg: Ry & Sleep2 min read
Die Rustigheid Van Ruah
Ons probeer om minstens elke twee maande te gaan kamp en het ’n lys van kampplekke wat binne drie uur se ry van die huis af is. Ons het dus min oortuiging nodig om ons Howling Moon-tent in die Renault Duster te laai en vir ’n naweek in die pad te val
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars