Weg! Ry & Sleep

Woonwawêreld verloor ’n reus

Michael Barwise (foto links), eienaar van Pretoria Caravans & Outdoor, een van die bekendste en grootste woonwahandelaars in die Jakarandastad, is op 27 Junie 2023 oorlede.

Michael het hom in 2018 aangesluit toe sy eie onderneming, Caravan Fitment Centre, die bedrywighede van die werkswinkel oorgeneem het. Hy het in 2021 ’n vennoot in Pretoria Caravans geword en in April vanjaar die leisels oorgeneem. Michael se vrou, Sukie, en die egpaar se oudste seun, Michael-John, is ook werksaam by Pretoria Caravans. Sukie sê Michael het daarna gestreef om die grootste handelaar in die land te word – en dis ’n visie waarop hulle sal voortbou. “Michael het ’n baie sterk en kundige span agtergelaat vir die pad vorentoe,” sê sy.

Die onderneming is in 1968 as Caravan Mecca & Outdoor Living gestig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Herinneringe Vir ’n Nuwe Geslag...
Ek het die rubriek wat Pieter Redelinghuys vir hierdie uitgawe geskryf het, verskriklik geniet. Hy is ’n man met ’n besonderse gawe om ’n sin aanmekaar te slaan, iets wat my oor die jare al meer as effens jaloers gemaak het. Maar in die nostalgiese r
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep4 min read
’n Spesiale Geskenk Vir Vrouedag
Die gedagte was dat die mans van die groep hegte Wes-Kaapse vriende weer ’n slag alleen reis, en dit het toevallig rondom Vrouedag geval. Dis toe dat die mans begin spot hulle afwesigheid – en natuurlik die gepaardgaande rus en vrede by die huis – sa