MET sy eerste asemteug het hy al wêreldnuus gemaak, want die babaseun wat op 22 Julie 2013 in die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal in Londen gebore is, was nie net nog ’n oulike pop nie, maar die toekomstige koning van Engeland.
Die afgelope dekade het ons prins William en Kate se eersteling sien grootword van ’n pasgebore baba toegedraai in ’n wit kombersie tot ’n beleefde, selfversekerde jong seun.
Op 10 is prins George Alexander Louis soos baie seuns van sy ouderdom lief vir pret en mal oor enjins, vliegtuie en sport. Maar sy lewenspad is al met geboorte vir hom uitgelê – om eendag die Britse troon te bestyg.
OM ’N MONARG GROOT TE MAAK
Die prins en prinses van Wallis “probeer