Tuis

Klassieke & KONTEMPORÊRE BADKAMERS

#1 TEËL DIT!

WIE Kearnon en Kate O’Moloney
WAAR Bantrybaai, Kaapstad

Teëls bly steeds ’n gunsteling in kontemporêre badkamers, behalwe dat die idee om al vier mure te teël, lankal nie meer geld nie. Deesdae word net een muur (of hoogstens twee) geteël – in die stort of as trendy spatvlak agter die wasbak. Teëls is ook nie meer “plat” en “leweloos” nie, maar kom in ’n verskeidenheid teksture en patrone.

Hoewel Kearnon en Kate ’n eenvoudige, minimalistiese ontwerp in hul en suite wou hê wat nie die aandag van die panoramiese see-uitsig sou aftrek nie, skep hul treffende smaraggroen teëlkeuse ’n besonderse fokuspunt in die instapstort. Die ingevoerde sementteëls van Villa Lagoon Tile in die VSA met hul geometriese “vierkantgolf”-reliëf gee diepte en tekstuur aan die stort se mure sowel as die vloer. En omdat dit die venster gedeeltelik omraam, word die oog na die indrukwekkende uitsig gelei.

Kopertoebehore wat die paartjie stuk vir stuk by John Brass Plumbing in Soutrivier gekoop het, bring ’n tikkie ouwêreldse weelde in. Die pype en krane verskil almal, wat die idee van “perfekte imperfeksie” onderstreep.

[]

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art
Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis2 min read
Kos & drank
Geometriese servette (stel van 2) R350, byjohndesigns.com Bibby’s More Good Food (R480, Penguin Random House) is die tweede resepteboek deur die kos-inhoudskepper Dianne Bibby. Daar’s maklike en veelsydige resepte vir alles van elegante mengeldrankie