Huisgenoot

DROOM WORD WATERGRAF

DIS ’n toneel uit die hel. Op die gedoemde skip stoei angsbevange passasiers vir ’n plek in die reddingsbote. Ander skreeu in die ysige water om hulp. Dan breek die reusevaartuig se romp in twee en sak in die donker dieptes van die Noord-Atlantiese Oseaan af.

Wie sal ooit dié dramatiese toneel uit die fliek Titanic vergeet? Beslis nie die vyf mans wat vandag, 111 jaar ná die seeramp wat 1 517 lewens geëis het, hulle so gemaklik moontlik in die beknopte romp van die dompeltuig Titan maak nie.

Aan die stuur is Stockton Rush (61), avonturier en hoof van die OceanGate-maatskappy. Die ander passasiers is “toeriste” wat elk ’n kwartmiljoen Amerikaanse dollar opgedok het vir hierdie doodsveragtende duiktog na die wrak.

Dan word die luik van buite af toegeskroef. Die tuig is nou soos ’n kis, met net ’n emmer vir ’n toilet en die groot glaskoepel in die neus waardeur hulle kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot5 min read
’n Vuurwarm Deurbraak
IN DIE gesinskamer van die Ehlers-huishouding het Mienke en haar sussie destyds gereeld konsert gehou vir hul ouers. Hierdie huiskonserte het die 13-jarige Mienke laat besef sy wil eendag ’n aktrise word. Veertien jaar later sou Mienke (27) en haar p

Related