JY EN jou werkgewer dra elke maand saam 2% van jou salaris tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) by. Ons kyk waarvoor jy kan eis.
1 WAT KAN EK VERWAG?
Jou uitbetaling hang af van jou salaris en die kredietdae wat jy opgebou het (een kredietdag vir elke vier dae gewerk). As jy vir minder as vier jaar bygedra het, kan jy net vir een dag uit elke vyf eis.
Net ’n persentasie van jou salaris word uitbetaal vir ’n maksimum getal dae (afhangend