![f0090-01](https://article-imgs.scribdassets.com/243mv3hznkb5vg7i/images/fileDQ2J2GFT.jpg)
DALK het jy al in die verbyry gesien hoe mense dit op die baan uitspook – of self jou hand daaraan gewaag.
Wat ’n vreemde nuwe sportsoort is dié en waar kom dit vandaan, het jy dalk toe gewonder. Dis padel – tans die grootste nuwe sportgier op aarde.
Met bekende aanhangers soos die sokkersterre David Beckham en Lionel Messi, en ál meer gewone spelers daarby, het dié kombinasie van tennis en muurbal die sportwêreld op hol.