VERGEET maar Sondae se gebraaide lamsboud. Selfs die koste van basiese voedselsoorte het die afgelope ruk kwaai gestyg. As jy dus wil voortgaan om smaaklike, gebalanseerde maaltye voor te sit, sal jy jou rande moet rek. Hier is 12 wenke om slimmer te koop.
1 WEET HOEVEEL JY BESTEE
Jy snak dalk na jou asem as jy die rekening vir ’n enkele inkopietog sien. Maar hoeveel bestee jy per maand aan kruideniersware?