Nuwe saamgestelde boumateriaal, gemaak van uitheemse portjacksonbome en herwonne plastiekafval, kan nie net Suid-Afrika se behuisingsnood verlig nie, maar ook ’n slag slaan vir die omgewing.
’n Doktorale studie toon dat die portjackson die nodige fisieke, chemiese en meganiese eienskappe het vir die vervaardiging van isolasieborde wat in laekostebehuisingsprojekte gebruik kan word.
Dié Australiese, is onder die toptien aggressiewe indringers in Suid-Afrika. Dit dring wateropvangsgebiede binne, verminder waterafloop, verhoog die erns van veldbrande en bedreig inheemse plantspesies.