Landbouweekblad

Veilings

Dragtige Boran-vers behaal R650 000

Die totale aanbod bont Borans is op die Sale of the Bonts by die Fire & Wine-arena,) van Yolandie Botha se Iminathi Ranch, Waterberg, is vir die hoogste prys van R650 000 aan Simeon en Jarred Hurwitz van Davel verkoop. Altesaam 18 telers het puik teelmateriaal beskikbaar gestel. Die duurste bul is deur Gerrit Potgieter van Ooskus Borans, Komga, geteel en vir R550 000 aan Paul de Wet van Kestell verkoop. Gerrit het ook die duurste koei met kalf vir R550 000 aan Ridwaan Moola van Heilbron verkoop. Dit was ook die eerste Boran-veiling waarop geslagsbepaalde embrio’s te koop was. Embrio’s het gemiddeld R7 000 behaal. Potgieter het ook die duurste embrio van Stompie Olivier van Hotspot Cattle, Ventersdorp, vir R13 000 gekoop. Bulle het gemiddeld R330 000 behaal, dragtige koeie gemiddeld R130 000, dragtige verse gemiddeld R190 714 en semenstrooitjies gemiddeld R8 250. Johan van der Nest was die afslaer. SHM en Meerkat het die veiling aangebied.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter