Kuier

SKOLE IN KRISIS

In 2022 is op skoolvlak na normaal teruggekeer ná twee uitmergelende Covid-19-jare, maardit beteken nie dat die uitdagings minder is nie. Trouens, Covid-19 se tentakels strek nog wyd, en vir die 2023-skooljaar word nog vele probleme voorsien wat hiermee verband hou.

En dit terwyl Suid-Afrika reeds een van die ongelykste skoolstelsels ter wêreld heten basiese infrastruktuur soos ordentlike toilette vele skole steeds nie beskore is nie.

In die jongste skoleskok het Suid-Afrikaners begin Desember boonop gehoor dat daar ondersoek ingestel word na 'n georganiseerde seksnetwerkwat na bewering by welgestelde skole onder topatlete aktief is, Onderwysers en sportafrigters het selfs sover gegaan om wenke oor die grooming van hierdie leerders op WhatsApp te deel. Dít het aan die lig gekom in 'n gesamentlike mediasessie deur die polisie en die organisasie Women &Men Against Child Abuse (WMACA).

SEKSNETWERK

Onderwysers en sportafrigters by verskeie skole landwyd word nou in 'n operasiegenaamd Nemo ondersoek, het kol. Heila Niemand van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad laat blyk. En die ondersoek teen 'n waterpolo-afrigter by St Andrew's College in die Oos-Kaap is heropen.

Dit is egter nie net by elite-skole waar hierdie skokkende wandade voorkom nie. Die realiteit is dat seksuele misbruik nog grotendeels ongerapporteer bly, sê Gerrit Laning, uitvoerende hoof van Community Keepers, Dié niewinsgewende organisasie help bou aan 'n kultuur van geestelike en emosionele welstand in minderbevoorregte skoleen bied aan ieerders 'n veilige ruimte om berading te ontvang. Met maatskaplike werkers en beraders wat tot einde verlede jaar by meer as 32 000 leerders

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Die A-z Van K-beauty
Koreaanse skoonheidsorg, oftewel K-beauty, is al ‘n ruk lank die in-ding onder skoonheidskenners. Die klem is op moisturising, bestanddele wat sagkens op die vel werk, en ‘n natuurlike gloed van binne. Jy het dalk reeds produkte wat as Koreaanse skoo
Kuier2 min read
Boodskappe
“My ma het my geleer van menswees”, 9 Mei Ek het Jill (Levenberg) en haar ma op die Koortjies-program gesien en toe die fantastiese band tussen ma en dogter gesien, en hoe hulle ‘n mens lekker kan laat lag. Antie Carol het in daardie oomblik diep in
Kuier1 min read
11 April 2024 Se Oplossings
VRAAG: Wie vertolk die rol van Penelope in Bridgerton? WENNER: STER-BLOKRAAI NR. 231 Ilse Swart, Melkbosstrand Dwars: 1. Kallus; 7. Boeke; 12. Ria; 13. Auk; 14. Onwel; 15. Irak; 16. Rigters; 17. Sensus; 21. Semi; 22. Meen; 25. Vlae; 27. Ore; 29. Invo