HELDER KLEURE
Die gewilde “dopamine dressing”-modegier spoel nou ook oor na jou naels. Daarom is helder skakerings wat onmiddellik jou gemoed lig en jou laat goed voel, in die kol. “Kliënte is meer waaghalsig en wil graag helder kleure op hul naels dra,” sê Gina Steyl, eienaar van die plaaslike salongroep The Laserlab.