DIE supermodel Linda Evangelista is bekend daarvoor dat sy in die 1990’s gesê het sy staan nie vir minder as $10 000 uit die bed uit op nie. Deesdae verdien sterre miljoene vir net ’n paar minute op die skerm – al is die opname soms nie eens deel van die eindproduk nie. As jou gesig die skares trek, is ateljees bereid om groot geld te hoes.
Sommige tonele kan dae vat om te verfilm, en optredes kan fisiek en geestelik uitputtend wees –