Nie alle families kan suksesvol saamboer nie. Hoe kry julle dit reg?
Tans is daar drie geslagte van die Malherbe-familie wat aktief by die verskillende afdelings van die besigheid betrokke is. Dis vir ons baie belangrik dat die familieonderneming suksesvol voortleef, daarom het ons die regte regspraktyke en reëls in plek.