Landbouweekblad

Visboere die hoenders in oor akwawetsontwerp

Gaan dit oor ontwikkeling of oor meer beheer, wat in ’n groot mate ontwikkeling in ’n belowende groeisektor kan doodwurg? ’n Nuwe weergawe van die akwakultuur-ontwikkelingswetsontwerp wat in 2018 aan die parlement voorgelê en in 2020 onttrek is, is onlangs aan belanghebbendes in die akwakultuurwaardeketting versprei vir bespreking voor dit in die Staatskoerant afgekondig sal word.

Belanghebbendes in die bedryf meen die departement van bosbou, visserye en omgewingsake het nie die kwessies wat uit bedryfskringe geopper is sedert die eerste weergawe van dié wetgewing in 2016 die lig gesien het, in ag geneem nie.

Hulle meen ook die nuutste konsep van die wetsontwerp doen min om ontwikkeling te bewerkstellig en streef eerder net daarna om die staat se regulatoriese houvas op akwakultuurbedrywighede te versterk.

Van die grootste vrae vir binnelandse visboere wat met spesies soos forel, baber en kurper boer, is waarom die departement boere wil dwing om te registreer en om lisensies en permitte aansoek te doen as dit vir geen ander landboubedryf voorgeskryf word nie. Boere se reg om met ’n produk van hul keuse te boer, is dus uitgelewer aan die oordeel van die departement. Geen ander landboubedryf word daaraan onderwerp nie, het mnr. Stephan van der Merwe opgemerk op ’n onlangse jaarvergadering van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter