VRESE bestaan dat die Transnet-staking van 11 dae só ’n groot impak op Suid-Afrika gehad het dat bedrywighede wat daardeur geraak is, eers teen 2023 na normaal sal terugkeer.
Só waarsku die Suid-Afrikaanse vereniging van vragversenders (SAAFF).
Hoewel die volle impak op uitvoerbedrywighede van landbouprodukte nog nie bekend is nie, skat SAAFF dat Suid-Afrika weens die staking die kans verspeel het om totale goedere ter waarde van R65,3 miljard te vervoer.
Dr. Juanita Maree, uitvoerende hoof van SAAFF, sê die staking wat op 6 Oktober