Landbouweekblad

Te veel rye spore deur die wingerd?

Padstalle al langs die N1 berei ’n besoeker van die binneland op pad Wes-Kaap toe subtiel voor op wat daar in die Boland te wagte kan wees. Ondanks die uitlokkende reuk van roosterbrood en gemmerbier trek dit nie die aandag af van die bottels Kaapse wyn nie wat, ten koste van die ou Afrikaanse boeke, konfytbottels en vrieskaste vol Karoolam, ál meer rakplek opneem namate die roete tussen die wingerde deur die Hexriviervallei verby Worcester en anderkant die Hugenotetonnel in ’n delta van blou berge, fynbos, granietrotse en priële uitmond.

Nét onder Tafelberg se kabelkar is ’n wynproe immers altyd in ’n goeie tweede plek op toeriste se doenlysie. ’n Boks met bottels wyn pas gewoonlik knus in langs ’n smuktassie in ’n motor se volgepakte kattebak.

Só ’n voorraad wyn hou die droom om self ’n klein druiweplasie te kan besit, nog vir geruime tyd tasbaar lánk nadat die Vaalpense en Blikore terug is in die binneland.

Daar is egter ’n jakkals in die wingerd, en dit is nie net die verbod op alkoholverkope gedurende die covid-19-inperkings nie.

Die staat se eie afhanklikheid van drank het vóór dit al sy tol op die wynbedryf se gesondheid begin eis, en die onttrekkingsimptome was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter